kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

vleesanker – verspeelde tyd كلمات اغاني

Loading...

versteende woud
‘n kontras in die woestynlandskap
die beendere van verspeelde tyd

wonde self toegedien
spoel oor op dorre aarde
klokke se binnegoed
vasgeroes in leë ewigheid

kinetiese armoede
stowwerige onenigheid
bodem van klei
ondeurdringbaar
eis stukrag
bewende vingers vind groеwe van weerstand
spiere wat al jarе wegkwyn
hyg in middernagson
‘n halwe lyk is ontgin

gade geslaan op oranje horison
klompvoet
skuifel
sleep

na redding

die ryk se vaal kleure pas nie meer nie
verafsku deur die koninklikes
jy lyk nie soos jou fotos nie

net die ander lyke verstaan
grys soos ou hout
tande vir jare verstomp op klip

vaal rooi verskyn weer onder ou vlees
gees keer terug na sy houer

nalate gee rede

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...