kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

vleesanker – skeur sonder rede كلمات اغاني

Loading...

voetval vind ritme
vermy die mure
stuur die vleesgod in sy moer
onthou die woestyn nog te goed

vind spoed
in volharding

godspoed en deernis

tot die patroon jou blind maak
en die vleesgod weer mak raak
tot jy skeur sonder rede
onheilspellende winde dra soete geur—ontmoksha medisyne
staking van spanning
van spiere wat bult
van weerstand en wilskrag

gifwalms verdoesel die seintoring
vat die kronkels al hoe wyer
skеrp rotse
skrams gemis
vlees vergeet niе
m_rs_er sonder aanhuts
vinniger as die eerste keer

bloedbelope oë slyp teen die koue son
mirage sweef op die naakde horison

gladde fokuspunt
versteende woud verwelkom ‘n bekende grys gesig

gladde fokuspunt
jy het van beter geweet

toe nie

altyd opsoek na mede_gekruisigdes
om momentum voort te hou
met minimale skuld erkenning
misken die hulpgeeste
met hul redding en hul toevlug
kap kop teen die muur van medelye
slaan jou vuiste stomp
want wonde kort medisyne
en om genees te word
is om verskoning prys te gee

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...