kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

monique steyn – treine كلمات اغاني

Loading...

treine lyrics
platform een staan alleen en ek wag vir die kraak van ‘n spoor
ek wil hoor hoe die trein nader kom
ek sien rook oor die berge
in die verte se mis mmm
tasse in hand op die rand van ‘n roete waarheen weet ek nie
kannie sien op die kaartjie is dit dof gedruk kannie lees nie
maar ek vrees nie
ek sal nie bang wees nie

al die treine wat ek in die stasie sien
kan my nog nie daar kry nie neem my iewеrs anders heen
ek weet nie waar dit is nie maar al soеk ek dit alleen
sal ek op elke spoor nog aanhou kyk
tot ek jou vind

platform een in die reën ek is seer en ek’s moeg vir die wegraak
geen kompas en geen kaart om my hart te lei tot by jou nie
maar ek hou nie op soek nie
na jou

al die treine wat ek in die stasie sien
kan my nog nie daar kry nie neem my iewers anders heen
ek weet nie waar dit is nie maar al soek ek dit alleen
sal ek op elke spoor nog aanhou kyk
tot ek jou vind

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...