laurika rauch – waar eek ookal ry كلمات اغاني
my bootjie was ver en verdwaal
in rowwe see sonder tyding of taal
my hart was gestrand, ek was verdwaal in die sand soos ’n perd sonder saal
ek was platsak en kop_onderstebo
te voet deur die dorre karoo
maar toe jy iewers hoor ek het alles verloor het jy my kom haal
oral dra ek die vrees met my saam
was altyd oorhaastig of skaam
ek kon skaars begin om ’n mens te bemin dan was alles verby
soveel verwyte moes ek al verduur
soveel keer met my rug teen die muur
maar wat ook al die vraag of waarheen ek ook al jaag die antwoord is jy
waar ek ook al ry is daar net een soos jy (waar ek ook al ry, ry)
waar ek ook al ry, ry waar ek ook al ry, ry
waar ek ook al ry is daar net een soos jy
nou woon ons in ’n kamer van glas
en ek onthou nog die hartseer wat was
daardie bittere tyd, daardie koue wat byt onherbergsaam en kaal
elke lyf soek ‘n skuiling teen pyn
net ’n tafel gedek met liefde en wyn
in die hart van die wind in elke storm, daar vind jy ’n sprokiesverhaal
waar ek ook al ry is daar net een soos jy (waar ek ook al ry, ry)
waar ek ook al ry, ry, waar ek ook al ry, ry
waar ek ook al ry is daar net een soos jy
so sal ek jou onthou op hierdie eerste dag van die somer, whoa_o_oh
met jou hande op die dashboard saamgevou
so sal ek jou onthou op hierdie eerste dag van die somer, whoa_o_oh
wys jy vir my die drome in jou atlas en die plekke waarvan jy so hou
waar ek ook al ry, ry, waar ek ook al ry, ry
waar ek ook al ry is daar net een soos jy
en selfs al roep daardie einder my weer
of die rooimiere jeuk en ek wil weer probeer
om ander stede te sien, nuwe keisers te dien in ander velde te wei
dan vat ek jou saam met my heen
want van nou af reis ek nimmer ooit meer alleen
ja, ons padkaart is state of the art en ons vat wat ons kry
waar ek ook al ry, ry, waar ek ook al ry, ry
waar ek ook al ry is daar net een soos jy
waar ek ook al ry, ry, waar ek ook al ry, ry
waar ek ook al ry is daar net een soos jy
waar ek ook al ry is daar net een soos jy (ry)
waar ek ook al ry is daar net een soos jy
كلمات أغنية عشوائية
- song ye rin 송예린 › song ye rin (송예린) – present كلمات اغاني
- kissin dynamite › kissin’ dynamite – voodoo spell كلمات اغاني
- johnny clarke › johnny clarke – ites green and gold كلمات اغاني
- new sylveon risadere › new sylveon, risadere – nrg drinq كلمات اغاني
- kilramy › kilramy – бардак (mess) كلمات اغاني
- xenia pax › xenia pax – we run it كلمات اغاني
- pop smoke › pop smoke – pop & panic كلمات اغاني
- mc ceja › mc ceja – freestyle كلمات اغاني
- the pop ups › the pop ups – robot dance كلمات اغاني
- avismira shawty › avismira shawty – snippet 17.01.22 كلمات اغاني