kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

laurika rauch – reispsalm كلمات اغاني

Loading...

ons is gesoute reisigers deur dop en lied, deur klank en vers
ons is ballings uit ‘n paradys orals bekend maar nêrens tuis
agter elke grens ‘n vreemde taal, in elke stad sy katedraal
maar hoe jy ook al sing of vra, jou toekoms bly in afrika

hoe lank moet jy nog aanhou soek deur kaart of bybel, gids of boek
by watter herberg teen die wind, in watter stal jou heiland vind
onder watter ster of noorderlig bly ons strompel, blind en sonder sig
slegs die suiderkruis wag lankal daar, jou toekoms is in afrika

as die nag finaal sy mantel gooi, as die son verdof van wit tot rooi
as die stede stil word, mense bang in die woude niks meer voëlgesang
sal ons wat weet, ons voete wend terug na die donker kontinent
die laaste lente volg weldra, maar ons toekoms is in afrika

sal ons wat weet, ons voete wend terug na die donker kontinent
die laaste lente volg weldra, maar ons toekoms is in afrika

want eendag is ons kinders daar, nou reis ons weer saam na afrika

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...