kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

kontras – sprokies katastrofies كلمات اغاني

Loading...

my selfverwyt in hierdie omstandigheid
is net ‘n blote weerspieëling van my onkundigheid
en die gate in my klere is soos herinneringe van die verlede
maar hierdie een is diep
hoe klim ek uit
almal het gesê veg vir wat jy wil hê
jy’s ‘n goeie hond tot jy die meester terugbyt
wel, ek het al my tyd belê in die wereld wat ek wil hê
en nou ontplof dit in my gesig soos buskruit
oorwеldige emosies maak ons nеuroties
bedwelmde erosie bring dit in mosie
moë horlosies wys ons iets logies
so bly die einde van ons sprokies altyd katastrofies
my tande geslyp om jou sisteem te byt
ek het lankal opgegee op my onskuldigheid
en ek soek nog redes vir myself om te lewe
voordat my gewoontes op my opkruip
as ons net kon sê, wat ons rerig wou hê
kon ons dalk ophou om ons kanse te misbruik
maar ek d_nk ons het opgegee op die wêreld wat ons wou hê
en al wat ons oor het om te sê
is oorweldige emosies maak ons neuroties
bedwelmde erosie bring dit in mosie
moë horlosies wys ons iets logies
so bly die einde van ons sprokies altyd katastrofies
ek’s so onbeslis daarvan is ek bewus
miskien eendag in die graf kan ek bietjie rus
as daar nog plek op die aarde vir ons oor is
nog ‘n bietjie baklei voor ons kan rus
want die vlamme van haat kom om ons sprokies te blus
en ‘n hoordosis realiteit om ons geheue te verfris
om ons geheue te verfris
oorweldige emosies maak ons neuroties
bedwelmde erosie bring dit in mosie
moë horlosies wys ons iets logies
so bly die einde van ons sprokies altyd katastrofies
oorweldige emosies maak ons neuroties
bedwelmde erosie bring dit in mosie
moë horlosies wys ons iets logies
so bly die einde van ons sprokies altyd katastrofies

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...