kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

jurie els – suidwesliedjie كلمات اغاني

Loading...

ver lê ‘n land uitgestrek na die suide
erongo berge en dorre woestyn
daar woon my hart tussen suidwes se mense
naby die see en die namib se tuin

in swakopmund en in walvis se strate
weerklink musiek saans uit elke kaffee
by hentiesbaai trek ons vis uit die water
suidwes, die land wat my soveel kan gee

het jy die pad al gevat na die noorde?
na oshakati of kaokoveld?
die skedelkus en die droë etosha
spog met ‘n rykdom veel groter as geld

in swakopmund en in windhoek se strate
weerklink daar stemme uit elke kaffee
by hentiesbaai trek ons vis uit die water
suidwes, die land wat my alles kan gee

vat ‘n slag die oop pad na namibia
breek ‘n slaggie weg uit jou groot stad
voel ‘n slag die vure brand vol heimwee
hoor die stilte roep diep in jou hart

by kolmanskop draal nog spoke van gister
van luderitz tot by hottentotsbaai
van mariental tot by stampriet en windhoek
aranos suidwes ek maak weer ‘n draai
in swakopmund en in walvis se strate
weerklink daar stemme uit elke kaffee
by hentiesbaai trek ons vis uit die water

suidwes, die land wat my soveel kan gee
suidwes, die land wat my alles kan gee

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...