kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

jitsvinger – ballade vannie epigoon كلمات اغاني

Loading...

[verse 1]
hiers ‘n lyric vir al die laaites, kinnes en br-sse
wat hou van stories, maak jou mind clean
nou picture, hiers’it:
pixels oppie telly gie aan karakters lewe
soos die eerste scene in ‘n fliek vol science-fiction
en advertise nuwe items vir jou image:
sneakers, garments, vriete en wat-wat..
oppie couch sit steven
tussen sy br-sse wat saam is in matriek
en praat oppie beat van ‘n media-hype jingle
topic issie nightlife
nou raak’it diep ‘cos
brother maak’it skaar met kim
sy self-esteem is laag, straat sk!ll is undeveloped
‘n slaansak aanmekaar as hy kom meet met ‘n bra oppie trein of innie straat
but vandag change dit
hy sit sy walkman op, gas innie wallet
in town raak alles mixed: al wat hy sien is wattie yak is en love it
but daai’s ‘n screen-test
(t) osterone squeeze hy weg op b-ttons vir joystick
(stiek) plek is cellphones en internet
concept stores borsvoed die dors immature consumers
blind, doef en dom
fok illusions, ken jy vir selfbewus?
nou calculate die man sy catwalk:
‘n mannequin met ‘n p-ssport to bliss

[verse 2]
dis vrydagaand ennie dress-code is ‘s-x appeal’
by ‘n famous club, regte plek vir chapter two
mense kyk mekaar soes body language gesprekke voer
die taal is pretend: as jy desperate is werk’it soe
yt die neon-lig verskyn steven
gee hom net ‘n vuil-kyk en gevaarlike rol dan is hy illegal!
die bouncer gryp sy feeble frame, vis-en-dig sy sakke
polse word getj-p nadat die payment gemaak is
traffic is hectic oppie dansvloer
b-mper-to-b-mper maneuver slaan wet ‘cos
jy, maak ‘n move issie rule
en na ‘n paar glase sterkes val’ie hazard signs weg
while hy tango saam met jezebel
wie’s die g*nius nou?
met ‘n kankerstok in sy bek lam steven heel macho oppie stairs
bymekaar met ‘n mamasita ytgevat in ‘n metallic outfit
sy bymekaar met hom!
nou raak’it messed up, hy lack balance
te hard aan die sterk drank gevat
sy mind swem in haar seduction
ge-force in ‘n hoek wip hy toilet toe
stamp ‘n paar dealers yt die pad yt wat drugs verkoop
aan die wat poison soek
en storm virrie loo, kop ondersteboe
opgefok ‘cos hy mamok toe oppie vloer!

[verse 3]
los die naarheid vir nou
hy was sy gesig onne die loepende kraan
die weerkaatsing innie spiel
vang’ie gestalte van ‘n vivid movement
wat vorentoe beweeg na die lig, een helfte silhouette
hy sien scar oor’ie gesig en check:
waar’t hy die i.d gesnipe?
vra hom ‘n light en met die praat ‘n stem:
smaak jy tik my gazie?
ek hettie beste oppie mark vir jou
naai, twenty-five al issit oek my laaste!
kom ons vertrappit saam. aweh!
ek en jou br-ssie brian en des-hulle is down en wat-wat
ons skarrel laat aande en hang in clubs…slaap is ‘n h-ssle
jys sommer wakker heel naweek, so wat sê djy?
whoa
die aand raak al bieter check steven en gie hom meer -ssie twenty-five
yip, hys eager!
die eerste heat sak in sy long af
crystals pop en elke dose verdriedubbel tjaks
tik is mosag, van ghettos tot suburbs veral onder die youngsters
scope’ie stats snipe hoe val hulle
‘n kamikazi concept gesaai met whakkies, globes, meth
yt die laanie die stove tot oppie tafels vannie flêtse!

[verse 4]
is past one en main konyn hang by die bar
sy handpalms is klam die glas sambucca spat oor die counter
paranoia laat hom stutter
die drug sak soes ‘n balaklava om sy hart
eyeb-lls is spotlights but fok daai
asof die zombies innie club omgie
s-x, drugs, alcohol en violence doen’ie rondte
next time kom met ‘n appet-te die size van king kong
‘cos die sport laat jou kniekoppe squeak van uitgevriet word
die sound knock vir steven unconscious
die bouncer kom af op hom, gooi sy gat buitekant na ‘n shock treatment
but net daar val hy plat
die telescreen skud en self-destruct
help is te laat ‘cos die man het ge-o.d…
een virrie br-sse wat oek soentoe oppad is
wat dit doen al wiet hulle wat kan gebeur
twee virrie tanie wat haar laaities verdedig teen’ie gevare
but die straat vat hulle een vir een
mic check!
hip hop is aan’ie rise, elke cipher step op
die wolf staan voor jou doorstep
en die’s ‘n wide world ge-control deur wicked minds
wies jouself terwyl die res agtervolg in silence!

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...