kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

bittereinder – wakkerword كلمات اغاني

Loading...

somtyds is opstaan soos klippe kou
ek wil alles net binne hou, en stilletjies droom van jou
maar die wêreld verwag my, ek reageer altyd stiptelik
handskud en dadelik my gesigsuitdrukking verduidelik
heeltemaal te huiwerig, maar spontaan soos ‘n bosbrand
‘n bietjie aan die los kant, ek vind niks meer interessant nie
afrikaners is plesierig, ek glo dit my lewe lank
‘n bloedlyn van stywe drank, klim hoër in die boontjierank…
sprokies wat skielik jou lewe is
jou hande is bewerig soos jy wieg in die ewewig
sing in die skemerlig en skree uit soos vonke
belig die spelonke met longe vol donker
vlermuisdrukkies en knipmesslukkies
oorleef tot die son jou weer opwarm in stukkies
leen my jou ore, en neem elke woord in
as jy die waarheid klaar ken, wil ek hoor hoe jy saam sing:

hierdie liedjie sal jou alles laat ver_
geet en dan word jy weer helder wakker
bitter in jou mond maak jou hart gesond
maak oop, word wakker

(soek die medisyne)

trapsuutjies, my omgewing omhels my
dis ‘n helse swerwery maar ek moet op die pols bly
iets wat soos lewe voel, ek jag inspirasie
se walmpies en oop spasies soos popeye en spinasie
die roetinemasjiene wil my insluk en aflewer
maar ek spartel en skop soos ‘n spinnekop in hulle kele
ek wonder hoe gebeur dit dat hulle my selfoonnommer ken
en ek wonder of hulle weet dat ek klaar weet wie gaan wen
sewentig maal sewe, ek is bitter goed met vergewe
ek bliksem alles met liefde want ek gaan net een keer lewe
‘n teenoorgestelde gees rus in my kneukels se wit
dis die heiligste lig wat die kuns van oorlog daar sit
ek stap sing_sing die skaduwees in
oorlewing lyk belowend, ek asem in
en soos ‘n helder herinnering fluit hierdie deuntjie in my oor
om enigiets te hê moet jy alles verloor… sing die koor!

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...