kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

bittereinder – voleinder كلمات اغاني

Loading...

ek het nie woorde nie, maar ek moet praat: my situasie is ingewikkeld
so kerf ek maar ‘n fyn lyn tussen vrye vloei en altyd sukkel
hart van ’n digter met die mond van ‘n stomme man
en die sinne wat wel sin maak is gewoonlik heeltemal onbeplan
en ek voel hoe eet dit my op, soos ‘n drommer in ’n rolstoel
my ligamente wil dit uitskop, maar ek kan die beats net in my kop voel
stoksielalleen in donker wolke propvol donderstorms
ondеr in die bodem van ‘n oseaan van ongеvormde
woorde, niks help nie, my stembande is uitgeskree
my rympies almal uitgevee, ek leer daai les ‘n duisend keer:
ek’s niks nie, maar dis reg so, hoe vergeet ek dit die heeltyd?
ek’s nie die middel van die planeet nie, miskien lê ek te veel suid
ek kyk new york toe, hoor ‘n stem oor die water kom
dis ‘n stem wat god ken, ‘n suiwer stem wat duidelik praat oor hom
en ek onthou in ’n oomblik aan wie die woorde regtig behoort
die begin en die voleinder van elke noot, elke woord

vra die begin
oor die einde
in die stilte
sien jy

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...