kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

bittereinder – solidariteit كلمات اغاني

Loading...

jy is nie alleen nie
die aarde draai teen dieselfde spoed vir ons almal (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag
jy is nie alleen nie
die aarde draai teen dieselfde spoed vir ons almal (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag

speel hierdie snit aan die begin van elke jaar
as jy rede het vir trane dan verstaan ons mos mekaar
as jou konstante dieët bestaan uit sweet eet
dan kan jy konkreet weet ons skree saam soos ‘n kreet
ek ontleed maar net die eensaamheid van menswees alweer
met my een oog op die dinamiek van nog-‘n-keer probeer
en ek kon sweer ek het jou iewers in die donker al gesien
met jou mond oop soos ‘n tikmasjien, jou bloed vol nikotien
miskien herken jy my ook? sien my met jou toe oë
indien jy ook nie kan glo, verdien ons tog die antwoord
ek’s jammer julle maar daar kan net een antwoord wees
en ek belowe jou hy lê nie in daai onheilige gees nie
skree want ons wil stilte hê, tussen al die bottels lê
woorde wat jy nooit kon sê, skielik vind jy weer jou stem
sing net bietjie harder as die siele reg langs jou
in die refrein verskyn die sleutel wat ons saamstaan behou

jy is nie alleen nie
die aarde draai teen dieselfde spoed vir ons almal (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag
jy is nie alleen nie
die aarde draai teen dieselfde spoed vir ons almal (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag

my ritme is stukkend, dis die einde van die jaar
ek d-nk oor al my vriende wat op die aardbol baljaar
die ding hou maar net aan draai met of sonder my lawaai
selfs al kon ek ophou lag vir parow se gedagtes oor slaai
jy kan sommer raai ek sit by lollipop en kyk kerkstraat se verkeer
dit wil voorkom dis wat elke desember met my gebeur
waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond
die tsotsi’s en polisie en ek op dieselfde grond
en seën en vervloeking kom uit dieselfde mond
en ek worstel met my land op die rand van die afgrond
ek is uitgeput deur afgesaagde uitdrukkings
reënboë en 3talk en facebook-uitnodigings
maar ek is lief vir my stad en sy miljoene gesigte
plus dis amper weer tyd om nuwejaarsvoornemings te
maak met ‘n hart vol oorbeginnershoop
en ‘n nuwe waardeering vir die mense wat nog saam met my loop

jy is nie alleen nie
die aarde draai teen dieselfde spoed vir ons almal (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag (die aarde draai)

ek is nie alleen nie
die aarde draai teen dieselfde spoed vir ons almal (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag (die aarde draai)
hou maar net vas, een somer op ‘n slag

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...