
vleesanker - lapis inanis كلمات أغنية
‘n gebarsde aar
bloedrooi, altyd daar
die juweel van onwetendheid
in die hoek van my visie
die raam van die skerm
die tralies waaragter
die sinsbedrog gepleeg word
moenie torring nie
nes jy ‘n stikfout voel
en tussen duim en vinger
‘n los skakel vasknyp
en stadig daaraan trek
dan tuimel daar ‘n gat
so groot soos jou heelal
by die onderkant uit
met reënwoude aan’t vlam en sielsiektes
en die lyk van elke walvis, oerangoetang
en kind
en die leë oë van die hoere in beheer
en die leervel van hul hoerslawe
en nêrens om te gaan met die meulsteen
van hoerdery
om die nek nie
moenie torring nie
vernouing is oorlewing
sterwend opsoek na een rede
vir die haat en lyding
wat die lewendes
op mekaar uitspuug
elke griesel daarvan
elke minuut
moenie torring nie
vernouing is oorlewing
كلمات أغنية عشوائية
- trev - like daquan كلمات أغنية
- zeus - marching through your head كلمات أغنية
- m2l aka m te tu - intro كلمات أغنية
- limão com mel - um sonho de amor كلمات أغنية
- yrn lingo - real & fake كلمات أغنية
- lucas hex - sacrament كلمات أغنية
- john mccutcheon - talking pat and jerry blues كلمات أغنية
- kelly willis & bruce robison - a hanging on كلمات أغنية
- kramaslabovitch - la paille à papa كلمات أغنية
- being as an ocean - little richie كلمات أغنية