fokofpolisiekar – komma كلمات اغاني
in jou gesig is ‘n sterrestelsel
ek is ‘n kind wat na die sterre kyk
as jy jou hande deur my hare vryf
in die donker
voel ek weerloos
voel ek weer klein
as die storm weer begin sanik
die berg brand
en die boom omwaai
en die vlamme aan my gordyne lek
dan skryf ek vir ons ‘n nuwe plek
want as die weer weer kom
sal dit kom om te bly
ek ken die skaamte en die kwesbaarheid
ek onthou ons het hardop gebid
en ek onthou ons het in ons skoolklere gevry
so ek skryf maar vir my ‘n wegkruipplek
want ek weet die weer sal weer kom om te bly
maar
komma
kom maar
komma
kom maar weer
hierdie keer is ek gereed
ek sal ‘n byl in my hand hê
partykeer moet jy
iets oopbreek
jou teen die ruit stamp dat ons albei kraak
ek skryf maar vir my ‘n wegkruipplek
maar
komma
kom maar
kom maar binne
weer
hierdie keer is ek gereed
in jou gesig is ‘n sterrestelsel
ek is ‘n kind wat na die sterre kyk
as jy jou hande deur my hare vryf
in die donker
voel ek weerloos
voel ek weer klein
كلمات أغنية عشوائية
- trouble › trouble – in the ghetto كلمات اغاني
- kuberunnak karmo › küberünnak & karmo – toode كلمات اغاني
- nerva › nerva – lord knows كلمات اغاني
- notkea rotta › notkea rotta – tukipylväs tukistaa كلمات اغاني
- jason mraz › jason mraz – if it kills me – from the casa nova sessions كلمات اغاني
- sfera ebbasta › sfera ebbasta – mercedes nero كلمات اغاني
- tyler freedom › tyler freedom – poardy كلمات اغاني
- aiamar naire › aiamar naire – green bay vs chicago live كلمات اغاني
- garotos podres › garotos podres – vomitaram no trem كلمات اغاني
- kyba watson › kyba watson – mediocre كلمات اغاني