kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

draadhond - südafrika lyrics

Loading...

südafrika, südafrika
südafrika, südafrika
südafrika, südafrika
südafrika, südafrika

watse soort naam is die?
dis mos geen nasie nie
jou sukses is uitgemeet
jou trots is ook jou leed

jou mense wil jou verlaat
hulle harte gevul met haat
is südafrika ook ′n plek
waar mense na terug wil trek?

jy verkrag en jy vermoor
hoe gaan dit met jou skandvlek?
die gras wat moes groei daaroor
het lankal in die son gevrek

südafrika, südafrika
südafrika, südafrika
südafrika, südafrika
südafrika, südafrika

‘n parallele realiteit
′n uitgediende beleid
twee plekke op een stuk grond
jou kraag is tе skoon. hou jou mond
‘n kognitiewe dissonansie
ons gaan liеwer op vakansie
in ons huisietjie by die see
‘n kasteeltjie net vir ons twee

jy verkrag en jy vermoor
hoe gaan dit met jou skandvlek?
die gras wat moes groei daaroor
het lankal in die son gevrek

südafrika, südafrika
südafrika, südafrika
südafrika, südafrika
südafrika, südafrika

dis egter nie my grond nie
my plaaswerf was net geleën
maar vandat ek emigreer het
val daar geen druppel reën

my bloed bly aan jou bodem kleef
my slagare is vasgebind
maak nie saak hoe vêr ek wyk
ek moet altyd my pad terug vind

jy verkrag en jy vermoor
hoe gaan dit met jou skandvlek?
jy verkrag en jy vermoor
hoe gaan dit met jou skandvlek?
jy verkrag en jy vermoor
hoe gaan dit met jou skandvlek?
jy verkrag en jy vermoor
hoe gaan dit met jou skandvlek?
südafrika, südafrika
südafrika, südafrika
südafrika, südafrika
südafrika, südafrika

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...