david kramer - die verlosser كلمات الأغنية
o vir ses lang jare het dit nooit gereen nie
die staal blou hemel het ons nooit geseen nie
die bokke en skape en diere het gevrek
moedeloos het ons kop geskud
die kerk was vol en ons het hard gebid
die ryk mense ja hulle het almal weggetrek
een saterdag middag toe die son gaan sak
kom daar ‘n vreemdeling aangestap
hy dra so ‘n guitar ding in sy hand
hoe oud hy was kan ek nie se nie
niemand weet wat hy wou he nie
vir my lyk hy nogal moeilik en astrant
ek is die verlosser was die reen kan bring
ek is die man wat vir die wolke sing
en al wat ek wil he is met jou mooiste kind te trou
die mense het gelag hulle se ja-nee
bring ons die reen sal ons jou iets gee
maar die mooiste een ons sal besluit oor die mooiste een vir jou
elke uur vir ‘n dag of twee
dans die verlosser met sy skaduwee
toe sien ons maar hier kom ‘n wolkie oor die rand
die hemel trek toe en die weerlig slaan
die verlosser dans dat die stof so staan
daai aand val die reen en seen die droee land
en dit reen reen vir ‘n week of twee
almal wil iets vir die verlosser gee
almal is so dankbaar en so bly
en ons braai vir hom worsies en ons skink vir hom dop
hy lag tog te lekker en hy skud sy kop
jou mooiste kind nou, nou bring haar hier na my
almal kyk vir almal almal is verstom
ons dog hy maak ‘n grap en ons lag vir hom
belofte is belofte is dit nie
ons sal jou betaal se net wat jy wil he
jou mooiste kind het ek aan die begin gese
maar nou kan ek sien niemand gaan haar aan my gee
hy vat sy baadjie en hy vat sy tas
elke ouer hou sy kind styf vas
hy se mense dit nou jammer maar ek moet waai
hy vat sy guitar stap die hoofstraat af
niemand praat nie net die honde blaf
hulle d-nk ja loop man, loop maar in jou maai
die volgende oggend toe die hane kraai
in elke huis hoor jy dieselfde lawaai
mammas skree “my kinders het ver dwym”
ons soek die dorp deur ons roep hulle name
heen en weer in elke ou kamer
maar al wat ons hoor is die verlosser se refrain
jaar na jaar het die reen gekom
ons het ryk geword die veld het geblom
nogtans het ons dorpie agteruit gegaan
ons kon nie lag nie die kos had nie geur nie
ons kon nie praat oor wat het gebeur nie
maar die les van die velosser het almal nou verstaan
كلمات أغنية عشوائية
- the youth play - the years كلمات الأغنية
- pulsedriver - kiss so deadly كلمات الأغنية
- gfbf - foul mouth wasted كلمات الأغنية
- maffio, la perversa & yomel el meloso - la boda كلمات الأغنية
- buruklyn boyz - ex كلمات الأغنية
- mirsowieso - paranoia كلمات الأغنية
- ray fuego - rollendeneets كلمات الأغنية
- shade apollo - no rest no peace كلمات الأغنية
- binyam - okay so كلمات الأغنية
- la cour - petit con كلمات الأغنية