kalimah.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

casper ace – dit is كلمات اغاني

Loading...

die nuwe wêreld orde is ook nou bekend
twee torings val, die hele wêreld staan orent
die terroriste het die hele ding beplan
vanuit ‘n grot in die woestyn, afghanistan…

dis wat die massa media vir jou laat glo
dat jy in vrees moet leef, jou hande gooi na bo
en vra: “waar sal ons redding van die bose kom?
regering, jy moet ons beskerm, ons is stom!”

al die bewyse voor jou deur
jy moet verstaan, jy moet probeer
disinformasie, vals getuienis
wat maak dat jy die waarheid mis
dis als te veel, dit alles is, dit is!

maar daar’s ‘n derde groot gebou, hy’t ook geval
offisiële storie meer as bietjie mal
die rommel hoop was veels te klein, die vliegtuig wrakke het verdwyn
osama sou moet boet en sommer ook hussein

soldate word daar in afghanistan ontplooi
dis onregverdig dat die mense so moet bloei
die strategie is wapens bou en oorlog voer, irak se moer
die wêreld gas_en_olie mark word só beheer
al die bewyse voor jou deur
jy moet verstaan, jy moet probeer
disinformasie, vals getuienis
wat maak dat jy die waarheid mis
dis als te veel, dit alles is, dit is!

“ons volg net ons bevele van die president”
groot korporasie koalsisie_goewerment
geweld en haat wat oral groei, terwyl biljoene dollars vloei
die wêreld bank en cia kom jou bevry…

maar derde wêreld skuld bly altyd onbetaal
die eerste wêreld het sy medemens gefaal
die ware skelms hou hul hande skoon
hul misdaad word so goed beloon
my kinders word in hierdie wêreld groot
jou kinders word in hierdie wêreld groot
ons kinders word in hierdie wêreld groot

al die bewyse voor jou deur
jy moet verstaan, jy moet probeer
disinformasie, vals getuienis
wat maak dat jy die waarheid mis
dis als te veel, dit alles is, dit is!

dis hierdie politiek van vrees
wat wêreld media oorheers
disinformasie, vals getuienis
wat maak dat jy die waarheid mis
dis als te veel, dit alles is, dit is!

كلمات أغنية عشوائية

اهم الاغاني لهذا الاسبوع

Loading...